gallery/logo

KOM ERVAAR DIE LEGENDARIESE RUSTIGHEID VAN DIE BOSVELD

Funksies

gallery/tgcsa-grading

Wildsplaas funksie fasiliteite beskikbaar

Tala Manzi is ook n uitsonderlike ligging vir enige funksie wat wissel van troues tot verjaarsdae en huweliksherdenkings...

 

Tala Manzi Wildsplaas kan ongeveer 60 mense per funksie onthaal, maar groepe van tot 120 mense kan met bykomstige reëlings hanteer word, ons het ook ‘n verskeidenheid van huurware beskikbaar. Nader asb bestuur vir verdere navrae hier.

Verjaarsdae

gallery/bullet
gallery/bullet
gallery/bullet

Troues

gallery/bullet
gallery/bullet
gallery/bullet
gallery/bullet

Ontbyt gehou vir die beroemde Johnny Clegg

gallery/ontbyt-met-johnny-(2)
gallery/ontbyt-met-johnny-(1)
gallery/ontbyt-met-johnny

Aantreklikhede in die omgewing :

Die Marico Oog :

 

Die oog van die Groot Marico rivier is ongeveer 25km vanaf Tala Manzi Wildsplaas se hoofhek. Die oog is alom bekend in skuba duik kringe, dit is een van die gunsteling varswater duikgate. Die kristal helder water met dieptes van tot 18m is ideaal vir duik eksamens en oefeninge. Die oog is ook die oorsprong van die Groot Marico Rivier en voed die stelsel met konstante varswater. Die oog is n moet-sien deel van die ideale Marico-ervaring.

 

Mampoer Proe :

 

Die blikbeker vol perskebrandewyn in die hand van oom Schalk Lourens...

Herman Charles Bosman se geliefde karakter het deur al sy vertellings sy geliefkoosde drankie in genoegsame hoeveelhede byderhand gehou... Nes oom Schalk is perskebrandewyn oftewel, mampoer, deel van die Marico se kultuur erfenis.

Mampoer is n tradisionele drankie en word van die vrugte van die marico omgewing gestook. Hoewel mapoer in n groot verskeidenheid likeurs en ander drankies gemeng word, het 'n mens steeds hare op die tande nodig om die skoon produk baas te raak...

Op Marunthwane kan kennis gemaak word met van die omgewing se bekende stokers, oom Johan en tannie Sarie Jordaan. Mampoer proe toere kan ook deur hulle gereël word (Sel : 083 239 6662)

 

Twist of lime (Restaurant) :

 

Vir die wat nie self vir kos maak lus voel nie, is daar altyd 'n alternatiewe uitweg. Groot Marico het deesdae ook 'n baie unieke en interessante eetplek. Skaars 8km vanaf die Tala Manzi hoofhek, word hier disse van besonderse gehalte opgedien.

 

Herman Charles Bosman Feesterrein :

 

Herman Charles Bosman is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se mees bekenste skrywers en digters. In Bosman se vertellings in stories speel meeste van die tonele in die Marico omgewing af. Dit is dus net van pas dat die Herman Charles Bosman genootskap dit goed gedink het om n feesterrein, met replika van die eertydse skooljie waarin Bosman skool gehou het, in Groot Marico op te rig. Daar word jaarliks ook 'n Bosman fees gehou om hierdie merkwaardige skrywer te vereer.

Vir meer inligting kan Egbert of Santa van Bart by die Marico Info Sentrum gekontak word. (Sel - 083 272 2958)